Vogtigheidsmeter

'n Eenvoudige grondvogmeter vir tuiniers.

'n Vogtigheidsmeter is 'n instrument waarmee die waterinhoud van 'n voorwerp of medium bepaal word. Die voginhoud van mure moet byvoorbeeld na vloedskade bepaal word voordat herstelwerk begin kan word.[1] Die voginhoud van landerye word soms gemeet om besproeiing effektief toe te pas en nie onnodige water te mors nie.[2]

  1. Eiendomskade en versekering: Wat jy moet weet oor assessors Geargiveer 11 November 2015 op Wayback Machine, Die Burger, 16 April 2005
  2. Spesiale Fokus – Besproeiing: Hou oog op grondvog en spaar water Geargiveer 11 November 2015 op Wayback Machine, Landbouweekblad, 7 Maart 2014

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search